Clan

Articles

Cover October 2014

Oor etiek en die regverdige kans beginsel

Rean2013

Daar is gereeld die een of ander warm debat in tydskrifte of op die internet oor wat etiese jagpraktyke is en wat nie. In die geledere van die boogjagter sal die mense kibbel oor sake soos jag uit ’n skuiling, hoe ver ’n mens op ’n bok kan skiet met ’n boog, hoe oud ’n jagter moet wees voor hy of sy ’n eerste bok mag plattrek en so aan. Daar was juis nou onlangs weer so ’n gesprek oor die toemaak van watergate tydens volmaan om te keer dat diere in die aand water drink of voer eet, om sodoende die kanse te verhoog dat diere die skuilings in die dag besoek. ’n Paar jaar gelede het ’n klomp boogjagters beswaar gemaak teen jag met ’n kruisboog. Cleve Cheney skryf in meer diepte oor dié soort sake in sy reeks oor etiek – waarvan die eerste artikel in dié uitgawe verskyn.

Dit is miskien tyd dat ons weer na jagetiek kyk en hoe ons moderne leefstyl en jagplase daarby inpas.

Kom ons begin by die klimaks van die jag, naamlik die doodmaakproses. Gestel jy word deur ’n ekstreme terroriste groep gevang en aangehou. Daar word besluit jy moet tereg gestel word. Hoe sou jy graag wou hê die teregstelling moet plaasvind? Hier is nou in dié geval geen uitkomkans nie, die teregstelling gaan gewis plaasvind, maar hulle gee jou ’n paar keuses. Jy kan ’n kopskoot kry, hulle kan jou keel met ’n skerp mes afsny of hulle kan jou stadig doodmartel. Sjoe, nie een van die drie klink reg vir my nie – en ek sal al drie eerder wil vermy. Indien ek kon kies, sou ek kies om te lewe en ek vermoed die meeste mense sal soos ek oor die saak voel.

Maar in dié geval is daar geen keuse nie. Die teregstelling gaan plaasvind. Na my mening sal die oorgrootte meerderheid mense die vinnige kopskoot verkies. Die rede daarvoor is maklik… indien ’n mens moet doodgaan, verkies die meeste mense om nie te ly nie. Om te ly beteken om pyn te ervaar en pyn is vir niemand lekker nie – nie vir mense nie en ook nie vir diere nie.

Ek wil graag beklemtoon dat dit nie vir ’n mens óf ’n dier lekker is nie. Net soos ons, dus die mens, wil diere nie graag doodgaan nie en ek is oortuig daarvan dat hulle ook nie pyn wil ervaar nie. Dit is tog waarom ’n elektriese omheining werk. Indien diere nie pyn ervaar het nie, of nie omgegee het om pyn te ervaar nie, sou hulle hulle eenvoudig nie aan die elek­triese skok wat die draad toedien gesteur het nie.

Baie mense reken diere ervaar pyn anders as ons. Ek dink egter nie so nie. Hul senuwee­stelsels lyk net soos ons sin, dit werk net soos ons sin en hulle reageer net soos ons op pyn. Daar is geen rede om te dink hul ervaring van pyn is anders as ons sin nie.

In die meeste kulture op aarde word dit aanvaar dat dit wreed is om ander pyn aan te doen en dat mense wat daarvan hou om ander te laat ly wreedaards is. Om diere te laat ly is wreed en mense wat nie omgee of diere ly nie, of met opset diere laat ly, is ook wreedaards.

Omdat jagters nie graag wreedaards wil wees nie, sal hulle ’n dier so vinnig moontlik doodmaak, of alles in hulle vermoë doen om ’n gewonde dier te vind en die dier se lyding te verlig. Dit is nog altyd ’n aanvaarde norm onder jagters.
Net soos wat dit wreed is om mense te laat ly, is dit ook wreed om mense onnodig te laat vrees of aan spanning bloot te stel. Dat dit wreed is en baie ongemaklik vir mense is, kan gesien word deur die feit dat sommige mense onder groot vrees of spanning soms hulle eie lewe sal neem. Die vrees is dus so erg dat hulle verkies om eerder te sterf. Dieselfde kan soms gebeur wanneer mense aan erge pyn blootgestel word. Vrees en pyn het dus baie dieselfde simptome.

Dus is dit net so wreed om diere aan vrees en spanning bloot te stel en sal net wrede mense dit met opset doen. Ons plig as jagters is dus nie net alleen om die diere wat ons jag so vining moontlik dood te maak nie, maar ook om hulle aan so min moontlike spanning en vrees bloot te stel.

Wanneer sal diere baie vrees of spanning ervaar. Dit sal gewis die geval wees indien hulle weet daar word op hulle jaggemaak en hulle het nie êrens om heen te vlug nie. Dink maar daaraan hoe dit moet voel as die terroriste groep ’n klomp gevangene aannhou en elke halfuur een van die gyselaars doodmaak. Die gyselaars moet esktreme vrees ervaar, want nie een van hulle weet wie volgende tereggestel gaan word nie. Diere wat in ’n klein kampie aangehou en op jaggemaak word moet dieselfde vrees ervaar.

Ons wil dus op diere jagmaak sonder dat hulle weet hulle word gejag, of ten minste waar hulle reken hulle is veilig en ’n kans het om weg te kom sou die predator hulle raakloop. Ons wil ook graag die diere vinning doodmaak. Ons wil graag hê die dier moet rustig in die veld wei of rustig water dring of voer eet by die skuiling wanneer dit geskiet word. Nie alleen is dit die minste wreed teenoor die dier nie, maar die vleis van so ’n dier smaak ook die lekkerste.

Na my mening handel dit die “etiese” gedeelte van jag af. Wees so genadig teenoor die dier as wat moontlik is. Omdat ons mense is en nie diere nie, het ons norme en waardes waarvolgens ons lewe. Diere kan moontlik ook norme hê. Dit wil soms só voorkom. Die jong olfantbulletjies in die Pilansberg Natuurreservaat het amok gemaak totdat volwasse bulle ingebring is. Toe is die bulletjies maniere geleer. Die groot bulle het hulle geleer wat “reg en verkeerd” is. “Reg en verkeerd” behels norme.  Netso byt ’n hond nie sy baas nie – nie as dit ’n “goeie” hond is nie. ’n Hond kan bang wees vir sy baas en daarom himself gedra, maar in baie gevalle sal ’n groot en sterk hond gehoorsaam wees aan ’n verswakte man of vrou. Dié gesprek is gewis iets wat op sy eie aangepak moet word en kan tot ’n lang debat van sy eie lei, maar ek is daarvan oortuig dat die Here al die eiendskappe wat hy in die mens geplaas het ook tot ’n mindere mate in diere geplaas het. Ek het gevalle gesien waar diere moedswillig is, waar diere jaloers is en gevalle waar diere meegevoel het met ’n ander dier. Al die voorvalle kan nie net aan instink toegeskryf word nie, net so min as wat sommige gedragskundiges poog om al die mense se gedrag aan instink toe te skryf. Maar dit vir eers daar gelaat.

Wat vir my duidelik is, is dat predatore in die diereryk nie noodwendig ’n prooi gou van die gras af maak nie. Katte speel soms lank met ’n muis of voël voor hulle die dier doodmaak en ek het gesien hoe leeus vir ’n halfuur sukkel om ’n buffel dood te byt en bykans ’n uur en ’n half lank sukkel om ’n olifant dood te kry. Wildehonde byt stukke vleis uit hulle prooi nog lank voor die dier dood is. Sover ons kennis dus strek is predatore in die diereryk nie genadig nie. Hulle doen wat gedoen moet word om kos te kry en basta met die res.

Die volgende onderwerp waarna ons dus moet beweeg is die sogenaamde “billike kans”-beginsel (fair chase), waar ons die dier ’n billike kans wil gee in die jagproses...

Lees die res in die Oktober 2014 uitgawe...

God bless

Rean Steenkamp
Editor

www.africanarcher.com (old site)

We are re-doing our Africanarcher.com site.

Here is a preview of what you can expext.

We will soon go live with the site!!

AfricanArcher

trophyroom

Our new Trophy room

Please visit

 

Farmev

Farm evaluations

See for yourself

I SAY...

"Patience is just a very slow way of getting really angry"

"People never grow up, they just learn how to act in public"

"The greatest pleasure in life is doing what people say you cannot do."
- Walter Bagehot

"Don't Do Something Permanently Stupid, Just Because You Are Temporarily Upset."