MARCHBanner-728x90

February 2015 Cover600Word jagplek skaarser en wild duurder?

Rean2013b

“Daar is nog geen eindgebruiker vir die nuwe kleurvariante-wild nie, dít is nog hoe nuut dit is. Gee kans tot die bedryf stabiliseer en dan eers kan daar gekerm word,” is die antwoord toe ek navraag doen oor hoe die “Smartieboks-bokke” die boogjagbedryf gaan beïnvloed.
Ek het die epos vir Fritz Rabé, ’n bekende professionele jagter en skrywer vir Africa’s Bowhunter, gestuur. Ek wou weet of ons bekommerd moet wees, want al hoe meer plase laat nie meer jag toe nie. Hulle kry beter pryse op veilings of hulle wil kleurvariante bokke teel. Dit is toe dat ek hoor Fritz noem dié variante diere “Smartieboks-bokke” – ’n baie gepaste benaming.

Hy sê dit is meesal die klein plasies wat met dié bokke teel omdat dit die beste geld per hektaar inbring. “`n Groot 4 000 ha plaas kan onmoontlik nie die hele plaas in kampies opdeel om met Smartieboks-bokke te teel nie. Niemand het soveel geld nie,” sê hy.
“Die biltongjagter is myns insiens iemand wat bederf is omdat alles vir hom in ons land op ’n skinkbord gegee word,” sê hy verder.

“Dié tendens dat van die wildplase nie laat jag nie het einde laas jaar begin met Namibië wat so baie wild begin invoer het. Ons het ook ons biltongjag gestop, want ons kry tans R1 200 per rooibok-ooi as hulle gevang word. Dieselfde prys word ook vir lammers betaal.

“Geen jagter sal dit ooit betaal nie. Hulle wil altyd die grootste bok teen die laagste prys skiet. Die huidige aanvraag gaan nie vir ewig aanhou nie en die boere weet dit. Ons het verlede jaar uit die ergste droogte in 30 jaar gekom, waar ons honderde duisende rande verloor het met wildvrektes, lae wildaanteling, drakrag wat afgeneem het en nog meer. Dan het brandstofpryse gestyg, Eskom het duurder geword en arbeid ook.

“Boorgate droog op, voer moet gekoop word en dit word duurder omdat water minder raak. Waar was die biltongjagters toe om ons te help deur geld te skenk sodat ons ook kop bo water kon hou? Nou dat ons die geleentheid het om daardie agterstand en verliese in te haal, is ons die wurm in die appel. Nee, jong! Dit is nou ons beurt om ook ’n bietjie asem te skep en ons plekkie in die son te geniet,” sê hy.

Fritz sê ook dat mense maklik praat oor die VSA met baie staatsgrond waar daar baie goedkoop gejag kan word. Hy sê hy jag amper elke jaar in die VSA en dit is nie heeltemal waar nie. Volgens Fritz sal die gemiddelde vleisjagter in die VSA dalk drie bokke per seisoen te skiet kry, terwyl biltongjagters in ons land oor die algemeen drie bokke per jagtog plattrek. In state soos Texas, waar hulle privaat met wild teel, jaag ’n gewone whitetail jou nie minder nie as $25 000 uit die sak. “Dit is reg! Twee honderd en vyftig duisend rand. Tog is dié plase elke jaar vol bespreek, al kos ’n resident tag op staatsgrond jou net $30,” sê hy.    

Op die staatsgrond is jou kans vir sukses baie skraal. Jy moet baie moeite doen om ’n plek te identifiseer en te bekom waar jy ’n kans staan om ’n bok plat te trek – terwyl sake baie makliker in Texas is. Die Amerikaners is dus bereid om baie te betaal vir dieselfde voorreg wat algemeen in Suid-Afrika beskikbaar is. Jagters in ons land weet nie hoe bevoorreg hulle is nie, en tog is hulle baie gou om te kla indien die bokpryse styg, sê Fritz. Vergelyk ’n mens egter die pryse van ander verbruiksgoedere met dié van wild, besef jy dat wildpryse oor die laaste dekade bitter min gestyg het. Dinge is beslis nie in balans nie. “Ons land is nou maar eers besig om dié balans te vind,” sê Fritz.
    

Nou ja, dit laat ’n mens dink, nè? Dit is sekerlik onvermydelik dat wild duurder gaan word. “Ja, dit is ’n swaard bo die kop van bekostigbare jag in Suid-Afrika,” sê Harry Marx, voorsitter van die Suid-Afrikaanse

Boogjagtersvereniging. “Niemand wil die boer sy wins misgun nie, maar dit beteken die dae van ’n bokkie of twee elke nou en dan is verby. Binnekort gaan jy met jou jaggeldjies net jag en een bokkie per jaar kan bekostig – as jy gelukkig is. Ons sien al lank die skrif is aan die muur ten opsigte van buitelandse jagters. Baie plase maak net voorsiening vir buitelanders, want hulle betaal in dollar. Die winsgrens is net beter. Ons vleisjagters het maar aan die agterspeen gesuig en net die vroulike en jong manlike diere gejag. Maar met die teling van kleurvariante begin almal nou die vroulike diere vir intensiewe teelprogramme gebruik,” sê hy.
    

Oor die jare het ek baie jagplase besoek – en bitter min van hulle is selfstandige ondernemings wat genoeg geld uit jag op die plaas verdien om ’n bestaan te maak. In die beste gevalle lewer die jag op die plaas net genoeg op om die koste te dek. Hier praat ek van plase wat vir plaaslike of biltongjagters voorsiening maak. Plase wat internasionale jagters werf, val in ’n ander kategorie.

Om dié rede sal ek nie jagplaaseienaars dit kwalik neem indien hulle meer vir hul wild vra nie. ’n Onderneming moet winsgewend wees, anders is daar geen rede waarom dit bedryf moet word nie. Niemand slaan ’n dooie donkie nie. Dus moet ’n wildplaaseienaar, soos enige ander sakeman, ’n kosteberekening doen en bepaal wat die bedrag is wat hy vir behuising en vir sy wild moet vra om winsgewend te kan wees. Jagters moet daarby inval, daar is nie ’n ander uitweg nie. Indien ons dan net een keer per jaar kan jag, vooraf daarvoor moet spaar en beplan, dan is dit nou maar só. Ons kan tog nie verwag jagplase moet vir ons gerief teen ’n verlies bedryf word nie.

Indien ’n bedryf egter duur word, word die mense wat dit beoefen ook minder. Die boogbedryf het reeds baie skade gely as gevolg van die swak ekonomie, die rand-dollar-wisselkoers en so aan. Dit is ook moontlik dat hierdie afname in die boogbedryf deels voor die deur van wildpryse gelê kan word. Met minder geld in die hand as gevolg van ’n sukkelende ekonomie kan jagters nie anders nie as om minder te jag nie. Minder jag beteken minder koop van jagtoerusting, wat noodwendig beteken dat die boogbedryf skade gaan ly.

Die rede waarom baie van ons nog nie ons ry gekry na ander lande nie, is dat ons so lief is vir die Suid-Afrikaanse landskap met al sy eiesoortige diere en bome. Ons het tot op hede ’n wonderlike jagland gehad. Jag is deel van ons tradisie. Jag is verweef in ons geskiedenis, in ons boeke, in ons poësie en in die leefstyl van die meeste van ons.

Wanneer ek by my kinders se skool met die manne praat, kom ek gou agter dat bykans die helfte van hulle elke jaar gaan jag. Dit sal jammer wees indien dit té duur raak vir die gemiddelde man om sy seun veld toe te vat en te leer jag. Om te jag is vir my deel van manwees en ’n plek waar ’n seun, of ’n dogter, in my geval, geleer word om die natuur te respekteer, om gehard te raak en te kan wegkom van ons nagemaakte samelewing. Dit sal nogal jammer wees indien jag iets word wat net welgestelde mense beskore is.


Rean Steenkamp
Redakteur

 

 

 

Clan

Here you will be able to get all the information you need when you are interested in bowhunting.


Read all the back-issues of Africa's Bowhunter magazine from 2010 to the most current issue

Read articles written by some of the most experienced home grown bowhunters South Africa has to offer.

Find the correct shotplacement here.

... and much more!!

website-designer 2

Position available at Jan Louis Ondernemings

Web Developer Job Responsibilities:
The role is responsible for designing, coding and modifying websites, from layout to function and according to a client's specifications. Strive to create visually appealing sites that feature user-friendly design and clear navigation.
Web Developer Job Duties:
· Regular exposure to business stakeholders and executive management, as well as the authority and scope to apply your expertise to many interesting technical problems.
· Candidate must have a strong understanding of UI, cross-browser compatibility, general web functions and standards.
· The position requires constant communication with colleagues.
· Deep expertise and hands on experience with Web Applications and programming languages such as HTML, CSS, JavaScript, Joomla and Wordpress
· Strong grasp of E-Commerce applications.
Send your CV to This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. or This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


www.africanarcher.com

AfricanArcher

trophyroom

Our new Trophy room

Please visit

 

Farmev

Farm evaluations

See for yourself

I SAY...

"Patience is just a very slow way of getting really angry"

"People never grow up, they just learn how to act in public"

"The greatest pleasure in life is doing what people say you cannot do."
- Walter Bagehot

"Don't Do Something Permanently Stupid, Just Because You Are Temporarily Upset."

Noteworthy

Nyala
sanRocks1
WOT
In need of:
Illustrations / Art / Logo design / webdevelopment
 Shot placement >> View all


ebooks2

Now on eBook     Read More

Hot news

Africa’s Bowhunter and Game and Hunt join forces

Two well-known and popular magazines in the hunting and wildlife industry, GAME & HUNT and Africa’s Bowhunter, will in future be managed by the same company. The two parties have entered into a collaboration agreement, which will see both the titles operating under Jan Louis Enterprises.
The collaboration means that readers will still enjoy high-quality articles, and the combining of resources will ensure that knowledgeable writers will be available for information.

GAME & HUNT, the magazine of choice for game ranchers, hunters and conservation enthusiasts, recently celebrated its 20th anniversary, while Africa’s Bowhunter has been of service to bowhunters, archery enthusiasts and game ranchers for 15 years. Jan van der Walt, managing director of Jan Louis Enterprises, is of the opinion that this initiative has many advantages. ‘Although both titles will be kept unchanged and still focus on their respective markets, we believe the closer cooperation will add value for both our advertisers and readers. We have been family for a long time, we are now only moving in under the same roof,’ said Van der Walt.

Both the monthly magazines enjoy excellent support from loyal readers, and in future much attention will be given to the fulfilment of specific needs, as identified through communication with our readers. The agreement will come into effect on 1 March 2015.

     

Things to know

RE: Trophy photos
Neem asseblief kennis
Geen onduidelike, onetiese, bloedbevlekte foto’s, asook foto’s van oneetbare diere en kopskote sal voortaan in ABH geplaas word nie. Die besluit is geneem agv algemene ontevredenheid en kritiek van ons lesers. 
Please take note
No blurry, unethical or blood stained photos, as well as photos of inedible animals or head shots taken will be published in ABH in future. This decision was taken as a result of general dissatisfaction and criticism from our readers.

trphies