Clan

February 2015 Cover600In dieselfde stal beteken nie saamsmelt nie!

Rean2013b

Verskeie lesers wat die kantore van Africa’s Bowhunter skakel, verkeer onder die indruk dat Africa’s Bowhunter en Wild & Jag een tydskrif word. Dit is gewis nie die geval nie! Africa’s Bowhunter bly ’n boogjagtydskrif en behou grootliks sy karakter.

Al wat gebeur, is dat ons nou in dieselfde stal uitgegee word. Ons werk saam met Wild & Jag en gaan selfs kantore langs hulle beset. Ons word deel van Jan Louis Ondernemings, ’n groter tydskrifte-uitgewery. Die skuif is gewis tot voordeel van ons lesers, en niemand hoef hulle daaroor te bekommer dat hulle nou geweerjagartikels in die tydskrif gaan sien nie.

Ons het vanjaar alreeds ’n hele paar oproepe ontvang van lesers wat kla dat die jagplase waar hulle elke jaar gaan jag, nie dié seisoen weer beskikbaar is nie en dat wildpryse vinnig gestyg het. Twee van my jagplekke is ook nie vanjaar oop vir jag nie. Baie plaaseie­naars voer aan hulle kry beter pryse vir hulle wild op vendusies, of hulle wil met kleurvariante begin teel in plaas van om te laat jag. Indien hulle hoër pryse op vendusies vir hulle wild kan bekom, maak dit net sin om die jagters meer vir hulle bokke te vra sou hulle dit laat jag.

Een van die probleme wat die boogjagbedryf met dié nuwe tendense kan ondervind, is natuurlik dat indien wild duurder word, mense noodgedwonge minder sal jag, veral in die huidige ekonomiese klimaat. Indien daar minder gejag word, word minder pyle, jagpunte en ander toerusting gekoop, wat weer sake vir boogwinkels moeiliker maak. Daar word egter reeds beweer dat jagters in Suid-Afrika bederf is met lae wildpryse en dat wildplaaseienaars nie werklik ’n wins kan maak op hul grond uit jag alleen nie. Dit is nogal ’n interessante besprekingpunt waaroor ons graag almal in die jagbedryf se gedagtes wil verneem.

Wat ’n mens bekommer, is die natuurbewaringsy van die saak. Kan die teling van wild vir spesifieke eienskappe die wildpopulasie van Suid-Afrika nadelig beïnvloed? Indien dit op ’n betreklike klein skaal gedoen word, behoort dit nie ’n groot invloed te hê nie. Indien dit egter op ’n groot skaal deur tientalle wildboere gedoen word, is dit ’n ander saak en wonder ’n mens of dit nie die genetiese poel van ons wild kan benadeel nie. Dit sal ook interessant wees om hieroor by natuurbewaringskenners kers op te steek. Africa’s Bowhunter sal in volgende uitgawes meer oor dié onderwerp berig.

Hennie van der Walt verteenwoordig Africa’s Bowhunter tans by die skoue wat in die VSA gehou word en was reeds by die Archery Trade Association se skou, waar hy baie inligting oor nuwe toerusting bekom het. Daaroor sal ook in volgende uitgawes geskryf word.

Lees gerus meer in hierdie uitgawe oor kamoeflering, die invloed van boogtorsie (torque), teikenstres en die jag van njalas in Natal. Tom Miranda skryf oor sy jagtogte in Afrika en dr. Adrian de Villiers oor sebra-jag, terwyl Frank Berbuir van Duitsland vertel hoe hy ’n steenbokkie in Namibië platgetrek het. Bob Salimena skryf oor wildebees-jag, terwyl Elana Pretorius vertel hoe sy ’n bosvark gejag het. Zak Grobler skryf oor Tom Miranda en sy jare lange ervaring met dié gesoute jagter. Harry Marx het nie vandeesmaand ’n boog getoets nie, maar ons plaas twee boogtoetse in die volgende uitgawe om daarvoor te vergoed. Cleve Cheney skryf oor die 315 grein Ashby-jagpunt in sy maandelikse rubriek waarin hy verslag doen oor jagpunte wat hy deur die toetse sit.

Onthou om gereeld met die boog te oefen en om vanjaar vroegtydig vir jou jag te bespreek. Jagplek gaan vanjaar skaarser wees as in vorige jare.

Groete

Rean Steenkamp
Redakteur

 

 

www.africanarcher.com

AfricanArcher

Found on Facebook:

10847887_412977152200803_368697665467441716_n.jpg

 

trophyroom

Our new Trophy room

Please visit

 

Farmev

Farm evaluations

See for yourself

I SAY...

"Patience is just a very slow way of getting really angry"

"People never grow up, they just learn how to act in public"

"The greatest pleasure in life is doing what people say you cannot do."
- Walter Bagehot

"Don't Do Something Permanently Stupid, Just Because You Are Temporarily Upset."